![]() |
![]() |
||
|
Insig Witrivierfees - 7-9 Septermber Die land se voorste teatermense, musieksterre en komediante neem deel aan die INSIG Witrivier Fees wat vanaf 7 tot 9 September in Witrivier gehou word. Die opwindende teater- en vermaakprogramme beloof om Mpulalanga se besbewaarde geheim stewig op Suid-Afrika se jaarlikse Feeskalender te plaas. |
|||||||
|
Marc Lottering, gewilde komediant se optrede From Cape Flats with Love is een van die hoogtepunte van Insig se Barnyard-program. Teatergangers kry ook die geleentheid om die debuutoptrede van Junkiedrome, 'n splinternuwe kabaret van Hennie van Greunen in die Barnyard teater te ervaar. Akteurs Pedro Kruger en Franci Swanepoel van Blougat en Lyf-faam is op die verhoog, met Shirley Ellis as regisseur.
Vuurwarm kabarette van Amanda Strydom se Meisie sing die Blues en Alexa Strachan se Honeymoon in Kannaland sal feesgangers betower. Strachan se optrede is by die KKNK beskryf as 'n wenkombinasie van Strachan en Valiant Swart wat 'n hoendervleis-handeklap werd is. Valiant Swart, een van die mees gesoute rockers op die Afrikaanse musiektoneel sal die volk aan die sing en dans hê met sy energieke optrede. Mimi en die Black Ties se Lentekonsert sluit Insig se Barnyard-konserte Sondagoggend met 'n luilekker konsert af. Befaamde kunstenaar Jan Vermeiren praat oor sy werk en lewer 'n demonstrasie wat kunsliefhebbers nie moet misloop nie. Feesgangers kan ook saam met Insig ontbyt eet, met Irna van Zyl, Insig se redakteur, as gasspreker. Diegene wat wil wegbreek van die Feeswoelinge, kan die Witrivier-omgewing saam met Insig per 4x4 verken. |
| INSIG SE BARNYARD PROGRAM: | ||||
| Vrydag 7 September | ||||
| 18:00 | Junkiedrome : Na die sukses van Blougat en Lyf bring akteurs Pedro Kruger en Franci Swanepoel, skrywer Hennie van Greunen en regisseur Shirley Ellis se splinternuwe kabaret getiteld Junkiedrome na ons teatergehore. | |||
| 21:00 | Amanda Strydom: Meisie sing die Blues 'n Vuurwarm kabaret met begeleiding deur Janine. |
|||
| Saterdag 8 September | ||||
| 09:00 | 4 x 4 Uitstappie (om te bespreek kontak John Pienaar by 021 439 8252) |
|||
| 10:00 | Die Insig ontbyt: nuttig ontbyt met gassprekers Irna van Zyl, Insig redakteur, Beeld Adjunk Redakteur Henry Jeffreys, met musiek verskaf deur die groep Marimba. | |||
| 14:00 | Jan Vermeiren gesels: Een van die opwindendste talente op die SA kunstoneel praat en lewer 'n demonstrasie oor sy werk. | |||
| 17:00 | Alexa Strachan: Honeymoon in Kannaland (een uur) "Wat 'n wen kombinasie is Alexa en Valiant Swart - die stuk is hoendervleishandeklap werd" - KRIT 2001 Die nuwe opwindende kabaret: Sy het met hom in die hysbak geflirt en hom oorrompel in die gang, hom aangetree op die rooi mat en hom grond toe gebring." | |||
| 20:00 | Marc Lottering met From Cape Flats with Love - een van die hoogtepunte van die fees. | |||
| 22:00 | Valiant Swart : Saterdagaande is daar om te dans, en min mense vermaak die volk so goed soos Valiant, een van die mees gesoute rockers op die Afrikaanse musiek toneel. | |||
| Sondag 9 September | ||||
| 11:00 | Mimi en die Black Ties se Lentekonsert Kom geniet 'n luilekker Sondagoggend in die beskaafde teenwoordigheid van hemelse klanke. | |||
| KONTAKBESONDERHEDE: | ||||
| Besprekings: Insig Barnyard Program. | Steve of Marge (013) 750 1117 of 750 1561 of e-pos: barnyard@soft.co.za | |||
| Besprekings: 4 X 4 uitstappie: | John Pienaar: (021) 439 8252 | |||
| Akkomodasie: | Laeveld Info: (013) 7501073 Andrew (013) 7551988 Etienne epos: nelspruit@soft.co.za |
|||