Besoek Rapport se Webwerf!

  Inligting

  Ontbyt met Sarie
   10 Maart

  Windhoek fees
   Hooffeesprogram
   Boekeparadys

  Vertonings:
   Café Boerlesque!
   Laurika Sing
   Weerkaatsings
   Sarah Theron
   Elke ander duim
   Soli Philander
   Dis die lewe. . .
   Koos Kombuis
   In die skylte. . .
   Boykie: Effe Af
   Zanne Stapelberg

  Borge
  Kontak ons

 
Zanne Stapelberg in konsert

17 Maart 20:00

Die beste van alle wêrelde

´n Ryke musiekervaring in die St Mary’s katedraal word deur die jong en beeldskone sopraan Zanne Stapelberg en haar begeleier Albert Horne aangebied. Vir enige musiekliefhebber is hierdie ´n unieke uitvoering van Zanne se gunsteling klassieke en byderwetse sangnommers. Haar repertoire sluit ´n wye verskeidenheid nommers in, ´n smorgasbrod met lieder, uitreksels uit bekende operas, musiekblyspele en jazz. Dis net om te wys dat Mnre Mozart en Gershwin ´n verhoog kan deel!

Zanne het haar musiekgraad aan die Universiteit van Kaapstad (UK) in 1998 ontvang. Sy het in haar studietyd verskeie pryse ontvang wat onder meer die Hilda Hendrickz-sangbeurs van die UK insluit. In 1999 ontvang sy haar Hoër Lisensiaat in Musiekuitvoering Cum Laude.

Nadat sy die Deminix Operabeurs ontvang het, word sy ´n lid van die Kaapstad Operastudio in 2000. Albert Horne studeer om sy uitvoerende Diploma in Begeleiding te ontvang, maar het reeds ´n wye verskeidenheid bekende sangers begelei. Hy tree ook as begeleier vir die Kaapse Opera op. Hy en Zanne is ´n pragpaar wat met die nodige swier die derde Windhoekfees afsluit.