![]() |
![]() |
||
|
Baie welkom!
Dis weer Feestyd in Windhoek! Vir die derde agtereenvolgende jaar is dit vir Media24 'n groot voorreg om 'n spogspan kunstenaars te borg om in Windhoek op te tree. Vir die eerste keer is WHS die gasheer. Die Republikein span saam met Namibia Breweries Limited om 'n kuier en musiekfees by die Gutenberg Platz aan te bied. Vir die duur van die fees kan kunstenaars en feesgangers saam kuier gedurende die middaguur om na die groot bron plaaslike talent te luister! Nasboek se Boekeparadys reis al die pad saam van die Kaap om die nuutste Afrikaanse titels by die Book Den beskikbaar te stel. By House of Arts stal drie van Suid-Afrika se beste kunstenaars saam met Namibiese kunstenaars uit: Jan Vermeiren, Louis Jansen van Vuuren (wat nou in Frankryk woon) en Hannetjie de Clerque - die feeskunstenaar wat die plakkaat ontwerp het. 'n Fees van 'n uitstalling. Ons bedank ons Namibiese borge vir hulle gasvryheid: Die Kalahari Sands Hotel, Air Namibia, Namibia Breweries Limited en Republikein. Sonder die hulp van hierdie vrygewige Namibiese borge sou die fees nooit kon voortleef en groei nie. 'n Spesiale dankie aan Ronelle Rademeyer wat soveel liefde en energie in die Windhoek Kunstefees, en die saak vir Afrikaans stort. Ook aan al die ouers en personeel van WHS vir hulle spontane diens om van die fees 'n sukses te maak. Aan die gasvroue wat elke jaar met soveel spesiale liefde en aandag na die kunstenaars omsien, 'n baie spesiale dankie namens Media24 en Suid-Afrikaanse kunstenaars. Dis altyd 'n voorreg en 'n plesier om in Windhoek te kuier. Media24 se Afrikaanse publikasies (Sarie, Huisgenoot, Dit, Insig, Rapport, Die Burger, Beeld en Volksblad) span saam met ons ander familielede Nasboek, Mweb en kykNet om die fees te bemark en 'n onvergeetlike ervaring te maak wat pitkos vir die siel bied. Dankie vir die gasvryheid, en geniet die fees in Afrikaans!
Anet Pienaar |
|||||||
| BOEKEPARADYS 2002 | ||||
|
Die BOEKEPARADYS beloof om vanjaar weer eens ´n groot attraksie te wees. Die Groot Verseboek se Verswêreld (CD- Rom van laasgenoemde) gee aan die leser geleentheid om die groot kunstenaars te hoor en sien en sal beslis nuwe wêrelde vir jou ontsluit. Op dieselfde CD, is ook Perspektief en Profiel.
Verskeie mooi koffietafelboeke asook geestelike boeke soos bv. James Dobson se 400 Vrae van Gesinne en As jou voete wil gly van Nina Smit gaan te koop aangebied word.
Ons sien daarna uit om u te ontvang by bogenoemde boekwinkel, en onthou, Vir enige navrae skakel Elmarie Kotzè by 09264-61239976 |
||||