Besoek Rapport se Webwerf!

  Inligting

  Ontbyt met Sarie
   10 Maart

  Windhoek fees
   Hooffeesprogram
   Boekeparadys

  Vertonings:
   Café Boerlesque!
   Laurika Sing
   Weerkaatsings
   Sarah Theron
   Elke ander duim
   Soli Philander
   Dis die lewe. . .
   Koos Kombuis
   In die skylte. . .
   Boykie: Effe Af
   Zanne Stapelberg

  Borge
  Kontak ons

 
Weerkaatsings

13 Maart 20:00 / 14 Maart 18:00

Met Rory Rootenberg
Klavier: Tony Bentel
Teks en regie: Ian von Memerty

Weerkaatsings is ´n nuwe vertoning wat die veelbesproke talente van Rory Rootenberg - wenner van sewe Vita-Pryse - tentoonstel. Die vertoning wys hoe verskillende tale en verskillende musiek dikwels dieselfde paadjie loop. Dit word alles uitgevoer met Rory se humor en sjarme. Met teks en regie deur Ian von Memerty, en begelei op klavier deur die hoogs ervare Tony Bentel is dit een van die beste vertonings van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees.

Die vertoning dek musiek van Jacques Brel tot Dvorak, van tradisionele Hebreeuse liedjies tot Abba - dit is ´n heerlike musikale reis saam met Rory Rootenberg, wie se bekoorlike verhoog-geaardheid en stemomvang beskryf is deur Paul Boekkooi van die Rapport as Vokale Tour de Force.

Weerkaatsings beloof om die volgende opwindende tree te wees in die vinnig-vloeiende loopbaan van ´n kunstenaar wat uniek Suid-Afrikaans is.