![]() |
![]() |
||
|
Onbyt saam met Sarie Kom vier fees saam met Sarie en haar nuwe redakteur, Michélle van Breda, by Kleines Heim in Windhoek. Michélle sal by 'n ontbytfunksie as gasspreker by dié gastehuis optree. Sy gaan onder meer gesels oor die wisselwerking tussen 'n tydskrif soos Sarie en haar lesers. Michélle was tot verlede jaar hoof van Sarie se Johannesburgse kantoor. Hierna het sy Sarie vir 'n rukkie verruil vir 'n aanstelling as senior assistent-redakteur by die Gautengse dagblad Beeld. Sedert Maandag, 19 Februarie, is sy amptelik in die Sarie-redakteurstoel. Oor die nuwe uitdaging sê sy: 'Ek hoop om oor die volgende paar jaar Sarie onteenseglik te vestig as die nommer-een, 'moet-hê'- Afrikaanse tydskrif vir die leser sowel as die adverteerder. Sarie moet vir lesers die stem van redelikheid en standvastigheid wees in 'n wêreld van toenemende onsekerheid en verwarring. Vir adverteerders moet Sarie die stylvolle, ingeligte en invloedryke medium wees waarin hulle graag hul produkte sal wil sien.' Michélle sê haar visie vir Sarie is om so goed moontlik aan die tydskrif-vereistes van die moderne Afrikaanssprekende vrou te voldoen. Sy sê Sarie moet elke twee weke die lesers se eerste keuse wees - nie net omdat dit Afrikaans is nie, maar omdat die inhoud waarde tot haar lewe toevoeg. Die tydskrif moet elke keer 'n ontdekkingsreis wees; 'n verrassingspakket wat emosioneel raak, prikkel, laat vrae vra, inlig, bemagtig en vermaak. Sarie moet die 'magic' bied - genoeg om lesers te laat terugkom vir meer. Kom klink dus 'n glasie vonkelwyn op Sarie se nuwe redakteur en geniet 'n heerlike, tradisionele ontbyt saam met ons. Die geselligheid kos R70 per persoon en sluit ontbyt en 'n Sarie-geskenkpakkie in. Bespreek telefonies by mev. Dirkie Kruger by 09264 61 230842 of per e-pos by parrotc@nammic.com.na 'n Beperkte getal mense kan die ontbyt bywoon. Bespreek dus so gou moontlik teen R70 per persoon. Waar en wanneer Tyd: Saterdag 10 Maart 2001 van 8.30 tot 10.30 vm. Adres: Pension Kleines Heim, Volansstraat 10, Windhoek. |
|||||||