Besoek Rapport se Webwerf!

  Inligting

  Ontbyt met Sarie
   10 Maart

  Windhoek fees
   Hooffeesprogram
   Boekeparadys

  Vertonings:
   Café Boerlesque!
   Laurika Sing
   Weerkaatsings
   Sarah Theron
   Elke ander duim
   Soli Philander
   Dis die lewe. . .
   Koos Kombuis
   In die skylte. . .
   Boykie: Effe Af
   Zanne Stapelberg

  Borge
  Kontak ons

 
Dis Die Lewe, Moenie Lag Nie!

15 Maart 20:00 / 16 Maart 20:00

Met Marion Holm en Lize Beekman

Dis die Lewe, Moenie Lag Nie is ´n show wat jou waarskynlik sal laat lag. ´n Uur van stories en liedjies wat niks hoogdrawends, niks onverstaanbaars, niks filosofies is nie.

Lize Beekman is ´n sanger-liedjieskrywer wat geen mode of "resep" volg nie en oral-oor haar gehore se harte steel. In haar tipiese folk-ballade styl met haar kitaar op haar skoot, doen sy net wat haar hart haar sê. Marion Holm vertel stories, sonder om te vloek en op haar unieke manier, oor haar lewe. Oor Die Lewe soos ons dit ervaar. Ons gewone mense.

Marion en Lize span kragte saam en bring ´n uur se genot wat jou laat voel jy kuier om die braaivleisvuur. Jy raak rustig, jy dink dalk ´n bietjie, jy lag lekker! Kortom: jy kry sommer net lekker!