Besoek Rapport se Webwerf!

  Inligting

  Ontbyt met Sarie
   10 Maart

  Windhoek fees
   Hooffeesprogram
   Boekeparadys

  Vertonings:
   Café Boerlesque!
   Laurika Sing
   Weerkaatsings
   Sarah Theron
   Elke ander duim
   Soli Philander
   Dis die lewe. . .
   Koos Kombuis
   In die skylte. . .
   Boykie: Effe Af
   Zanne Stapelberg

  Borge
  Kontak ons

 
Laurika Sing

16 Maart 13:00 / 16 Maart 22:00

Laurika Rauch sal begelei word deur ´n drie-man orkes wat bestaan uit Clinton Waring (klavier, klawerbord en sang), Leon Ecroignard (baskitaar, kontrabas, akoestiese kitaar, trom, sang en verskeie ander instrumente) en Wouter van de Venter (kitaar en sang).

Laurika Sing sal uit ´n kombinasie van haar bekende treffers, meer onlangse liedjies en liedjies van Laurika se jongste album getiteld Hei, mevrou Brown (dit gaan goed), waarvan Kom laat ons sing en ´n Sonneblom uit Bethlehem reeds treffers is, bestaan.

Aangesien Laurika ook reeds aan ´n nuwe album vir 2002 werk, sal gehore boonop die geleentheid hê om hier en daar ´n kykie op haar repertoire vir die nuwe album te kry.

Laurika Sing by die Windhoek Kunstefees sal Laurika wees soos haar gehore haar dalk ken, maar nie dikwels ervaar nie.