![]() |
![]() |
||
|
Elke ander duim ´n dame 15 Maart 22:00 / 16 Maart 10:00
Met Lizz Meiring Slim, skerp en satiriese verhale van Suid-Afrikaanse vroue wat verby die rante van die kappie, of die kante van ´n kapsel kyk, en met passie, humor en blote astrantheid hul eie paadjie loop. Sommiges sê hulle is eksentriek, ander noem hulle aweregs, koppig, onbetaamlik of bloot boheems. Maar almal stem saam – hulle is – kreatief, uniek en uiters vermaaklik. Miskien sien jy jouself daarin. . .
|
|||||||