Besoek Rapport se Webwerf!

  Inligting

  Ontbyt met Sarie
   10 Maart

  Windhoek fees
   Hooffeesprogram
   Boekeparadys

  Vertonings:
   Café Boerlesque!
   Laurika Sing
   Weerkaatsings
   Sarah Theron
   Elke ander duim
   Soli Philander
   Dis die lewe. . .
   Koos Kombuis
   In die skylte. . .
   Boykie: Effe Af
   Zanne Stapelberg

  Borge
  Kontak ons

 
Dankie aan ons Namibiese Borge

Media24 se vier troue Namibiese bondgenote gaan weer eens vanjaar hand bysit om te sorg dat die Windhoek Kunstefees Žn reuse-sukses is.

Air Namibia, Namibië se nasionale lugdiens, het soos in die verlede ingestem om die kunstenaars na Windhoek te vlieg vanuit Kaapstad en Johannesburg, en weer veilig terug na hul onderskeie bestemmings. Dié lugdiens vlieg reeds die afgelope 53 jaar passasiers na bestemmings binnelands, elders in Afrika en oorsee. Op 1 April 1999 het Air Namibia Žn openbare maatskappy geword met die Regering as enigste aandeelhouer.
Hierdie lugdiens, bekend vir sy uitstekende veiligheidsrekord, het ook Žn vakansie-arm wat sorg dra dat passasiers kan kies en keur uit heerlike vakansie-geleenthede in Suider-Afrika en Europa. Žn Wêreldklas-diens dus, Air Namibia!

Voorts span die Afrikaanse dagblad, Republikein, en die brouery, Namibia Breweries Limited, vanjaar weer saam om Žn platform te skep vanwaar plaaslike kunstenaars Namibiërs op Žn mengelmoes van inheemse klanke en ritmes kan trakteer.
Vir die duur van die fees van 13 tot 17 Maart gaan plaaslike kunstenaars in die oop kuier-area by Gutenberg Platz in Stübelstraat oor die middaguur en vroeg saans optree.
Moet nie hierdie kuier misloop nie! Kom drink bier, eet iets en luister musiek by Gutenberg Platz. Toegang is gratis. Republikein, wat reeds 25 jaar lank Namibiërs soggens met die nuus en aktualiteit van die dag bedien, was uit die staanspoor Žn geesdriftige bondgenoot van die Windhoek Kunstefees en sal weer vanjaar die publisiteit borg.
En Namibia Breweries Limited, wat net so eg Namibies is as die duine van die uitgestrekte Namib-woestyn, het kontant bewillig waarmee die plaaslike kunstenaars vir hul optrede vergoed kan word.
Namibia Breweries Limited se biertradisie strek sover terug as 1516 toe Žn edik in Beiere uitgevaardig is ingevolge waarvan net die suiwerste bestanddele in die verbrouingsproses gebruik mag word.
Dié tradisie het na die destydse Duitswes-Afrika gekom saam met die koloniale voorvaders en sorg vandag nog dat Namibiese bier die gunsteling-bier in Suider-Afrika is.

En om seker te maak die kunstenaars uit Suid-Afrika word hier in die hartjie van Windhoek op die hande gedra, is die Kalahari Sands Hotel & Casino weer gevra om gasheer te speel. Dié hotel met sy 173 lugverkoelde kamers, bied besoekers die gerief van satelliet-TV, video's, Žn radio, Žn telefoon, en suite bad- en stortgeriewe en kamerdiens reg rondom die horlosie. Daarbenewens het besoekers die gerief van Žn kroeg-yskas wat gereeld gediens word, Internet-fasiliteite, Žn haardroër en aanpasbare kragproppe in die badkamer volgens internasionale standaarde. Boonop is kunstenaars sommer in die middestad en kan hulle vinnig inloer by die mengelmoes winkeltjies met Afrika-artefakte, of by een van die koffiewinkels gaan weglê aan die Duitse gebak.